Kaapstad Middestad Akkommodasie by Holiday Inn | LekkeSlaap
+25

Holiday Inn

Hotel
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 66, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Holiday Inn is op die hoek van Strand- en Loopstraat in Kaapstad se middestad. Hierdie luukse hotel bied uitstekende akkommodasie en konferensiegeriewe aan sakereisigers én vakansiegangers in Kaapstad.

Daar is 240 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer met 'n aparte bad en stort het. Elke kamer het individuele klimaatbeheer, 'n yskassie, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër. Die TV het plaaslike kanale en WiFi is in al die kamers beskikbaar.

Die swembaddek op die tweede verdieping is 'n oase in die middel van Kaapstad. Die gimnasium en sauna/stoomkamer met pragtige uitsigte op Tafelberg sal jou help ontspan na 'n harde dag se werk, of dit nou besigheid of plesier is.

Geriewe op die perseel sluit 'n restaurant, kroeg, 24 uur-ontvangs, portier, kamerdiens, sekuriteit en onderdakparkeerplek in. Daar is ook 'n "executive" sitkamer vir sakereisigers. Ons eksklusiewe konferensiegeriewe bestaan uit 5 konferensiekamers wat tussen 10 en 200 persone kan akkommodeer.

Die Holiday Inn bied maklike toegang tot die N1- en N2-hoofweë en is loopafstand vanaf die middestad, Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum en V&A Waterfront.

Slaapplek

’n Bespreking by Holiday Inn sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Portier
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Ligging

  • Strandstraat 66, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 66, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGEwMWUwZjk3LTJiYzAtNGEwZS05NTQ2LTIxZGVmOWUwZGMxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (vir 2 persone) 66 Strand Street Cape Town 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -33.920064060913 18.420826792717
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za