Somerstrand Akkommodasie by Strandfontein Holiday Accommodation | LekkeSlaap
+10

Strandfontein Holiday Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Strandfontein Holiday Accommodation bied baie netjiese, stil en veilige akkommodasie in Summerstrand, 'n luukse woonbuurt in Port Elizabeth. Dié ruim huis is ideaal vir 'n groep van 4 vriende of familie. Dit is minder as 2 km van ongerepte strande, die Boardwalk Casino, Humewood Gholfbaan, Bayworld en die plaaslike universiteit af.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n enkelbed. Die hoofbadkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet en die ander badkamer het slegs 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is ook 'n wasmasjien wat gaste kan gebruik. Die TV-sitarea bied volledige DStv-toegang. Alhoewel die sitarea nie groot is nie, is daar 'n onthaalarea in die tuin met 'n grasperk en piekniektafels in die skaduwee. Gaste kan gerus hier braai en rustig saam met familie en vriende kuier. Daar is onderdakparkeerplek agter veiligheidshekke. Alhoewel die huis 1 van 2 huise op die perseel is, is dit heeltemal privaat en het dit 'n aparte ingang.
.
Strandfontein Holiday Accommodation is minder as 400 m van 'n vulstasie, winkelsentrum met 'n Spar, kitskosrestaurante en droogskoonmakers af, net 5 minute van groot winkelsentrums en die Nelson Mandela Stadion af en 10 minute van Port Elizabeth se lughawe af. Addo Olifantpark is net 45 minute van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZkMGRiNDk2LTNlNTUtNGU0OC1iMzAwLTY2MmNmNWI3ZGEyMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 16 Strandfontein road Summerstrand 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.994457818745 25.653805060713
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za