Strandhytten

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strandhytten is 'n selfsorgvakansiehuis in die kusdorpie Dwarskersbos. Die huis is ideaal vir gaste wat gerieflike verblyf naby die strand en weg van die besige stadslewe soek.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en het 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en front na die see. Dié kamer het 'n koningingrootte-bed met donsveer-duvets en 'n privaat badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n sitarea op die boonste verdieping. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het.

Die kombuis is volledig toegerus met 2 oonde, 'n groot stoof, potte, 1 yskas, 1 vrieskas, 'n 40 liter-wynyskas en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis het 'n wasgoedarea met 'n wasmasjien en tuimeldroër en buite die wasgoedkamer is 'n stort met koue water.

Die ruim oopplan-leefarea het dubbelvolume-plafonne, 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n platskerm-TV met 'n HD DStv-dekodeerder met volledige DStv-premium. Die leefarea lei na die groot terras met 'n ingeboude braai en grasperk vir die jongspan om op te speel. Vanaf die terras kan gaste na die groenstrook loop wat inheemse plante het en na die strand lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Strandhytten sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strandhytten gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 720 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za