Straw House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Straw House is 'n strandhuis wat deur 'n argitek ontwerp en met strooibale gebou is. Die huis bied ruim, gerieflike selfsorgverblyf in Elandsbaai aan Suid-Afrika se Weskus. Die huis is in Elandsbaai, sowat 3 ure se ry noord van Kaapstad.

Die dik mure keer die wind en hou die kamers koel gedurende die droë, warm somers en warm gedurende die koue winters. Die moderne ontwerp van die huis word versag deur die eenvoudige afwerking en die natuurlike boumateriaal wat gebruik is. Dit skep die ideale atmosfeer vir besoekers wat net 'n bietjie wil ontspan.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 badkamers, die eerste met 'n stort en toilet en die tweede 'n bad en toilet. Die slaapkamergedeelte sluit aan by die ontspanningsarea met sy Noord-Afrika-tema aan die suidekant.

Die huis het 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis. Die kombuis het 'n gasstoof, stoof, vrieskas en yskas. Daar is ook 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n etenstafel met sitplek vir 6. 'n Kiaatskuifdeur en skuifvenster lei na vanaf die leef- en kombuisarea na die kalm binnehof.

Gaste kan lekker buite braai (sitplek word voorsien). Daar is ook parkeerplek vir 3 tot 4 motors.

Slaapplek

'n Bespreking by Straw House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Straw House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false