Straw House

Voeg by Gunstelinge

 

Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Straw House
Rates displayed are on a self-catering basis.
Belasting en Ekstras
- Die huis is 'n liefdeswerk en bevat baie handgemaakte toebehore. Wees asseblief versigtig en voorkom onnodige breekskade/slytasie. Laat weet asseblief vir Mark as enige iets gebreek het sodat hy dit kan regmaak of vervang.
- Die toonbanke en wasbakarea het harde oppervlaktes en breekware kan maklik hier breek - wees asseblief versigtig.
- Drink gerus van die kraanwater. Water is egter skaars in die Weskus, so gebruik dit asseblief spaarsamig.
- Die toilette is gekoppel aan 'n septiese tenk so moet asseblief nie enige ongehoorde voorwerpe in die toilette gooi nie. Plaas dit eerder in die drommetjie as jy twyfel.
- Honde is welkom, maar die eiendom is nie omhein nie.
- Rook is verbode in die huis.
- Daar is dorings in die veld om die huis, so maak seker jy het skoene aan as jy vir 'n wandeling gaan.
- Gas, toiletpapier en elektrisiteit word voorsien.
- Die elektrisiteit word voorafbetaal en behoort genoeg te wees vir jou doeleindes.
- Beurtkrag is ongelukkig 'n realiteit en het niks met die voorafbetaalde elektrisiteit te doen nie. Wees geduldig en maak gebruik van die kerse.
- Sluit asseblief al die vensters en die deure as jy die perseel verlaat. Daar is byna geen misdaad in die omgewing nie, maar ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese nie.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50% van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25% van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0% van die deposito word terugbetaal

Gaste wat na Straw House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za