Constantia Akkommodasie by Strawberry Sanctuary | LekkeSlaap
+24
+24

Strawberry Sanctuary

Selfsorg
  • Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strawberrylaan 12, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Strawberry Sanctuary is ’n ruim familiehuis in ’n stil area met privaat watertoevoer en ’n sekuriteitsmaatskappy toegeken aan die huis. Die huis is met noodknoppies in elke kamer ingerig, laserstraal-sekuriteit en heinings. Die buurt het slegs 2 toegangspunte en is verder ingerig met sekuriteitskameras.

2 slaapkamers kyk op die swembadarea uit en het koningingrootte-beddens, ingeboude kaste, lessenaars en internet. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en dubbeldeure wat na die swembadarea lei. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en ’n losstaande kas en laaie. Dié kamer het 2 buitedeure wat toegang tot verskillende areas van die tuin bied. Dit het ook ’n groot en suite-badkamer en ’n instapkasarea met ’n spieël en oorgenoeg pakplek. Die groot oopplan-kombuis en -eetarea lei na ’n mooi binnehof met ’n braai en swembad. Vinnige optiesevesel-internet, WiFi en Netflix is beskikbaar op aanvraag.

Die swembad en binnehof is beskut teen die wind en die tuin is ’n kind se droom met ’n swembad, trampolien, speelhuisie, boomhuis, speletjies, organiese vrugte en groente wat gepluk kan word en voëllewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Dit is naby die Constantia-wynroete met top-restaurante en is sentraal geleë tussen strande en 2 oseane.

Slaapplek

’n Bespreking by Strawberry Sanctuary sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Strawberrylaan 12, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strawberrylaan 12, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxOyy6O2uYbk5EUIsmzGIIYiocNpwyMKz8h0qJ41uRxScyCMV57?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 200  per nag (plek vir 8) 12 Strawberry Lane Constantia 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.033977249733 18.439708350926
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za