Strelitzia Holiday Flats

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strelitzia Holiday Flats is moderne selfsorgwoonstelle wat in 'n Engelse tuin geleë is met luisterryke uitsigte oor die see waar die walvisse en die dolfyne baljaar.

Strelitzia Holiday Flats bestaan uit 3 moderne selfsorgwoonstelle. Elke woonstel het 'n wonderskone uitsig oor die see. Die woonstelle is volledig gemeubileer en toegerus. 2 Van die eenhede het plek vir 6 gaste en die ander eenheid het plek vir 4 gaste. Elke eenheid bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-sitkamer, eetarea, kombuis, ingeboude braaiplek en motorhuis wat kan toesluit. Daar is genoeg veilige parkering vir 'n tweede voertuig of sleepwa. Bring asseblief jou eie bad- en swemhanddoeke saam.

Strelitziastraat is in 'n sentrale, veilige deel van Jeffreysbaai. Die strand is net sowat 500 m van die Strelitzia af - net 'n lekker oggendstappie. Pick 'n Pay is ook net 'n hanetreetjie van die woonstelle af. Die middedorp met sy restaurante en koffiewinkels is ook net 'n aangename stapafstand van jou af.

Die woonstelle word omsoom deur 'n pragtige tuin. Maak gerus gebruik van die kruietuin! Geniet jou oggendkoffie in die tuin terwyl jy tuur oor die eindelose oseaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strelitzia Holiday Flats gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za