Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stukkie Stilte Berghuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Diane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Jaar gelys 5

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir Stukkie Stilte Berghuis
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5
John S - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
John S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker plaashuisie en baie stil.

Ons het heerlik gebly by die plekkie. Die huis het alles wat jy nodig het vir 'n lekker vakansie: 'n gasstoof, solarligte, en 'n baie lekker vuurmaakplek/boma. Die swembadjie het handig te pas gekom. Dianna en Naas het seker gemaak ons het genoeg hout vir die vuur en die donkie, en hulle was regtig vreeslik hulpvaardig. Ek sal die plek hoog aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elandre O - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elandre O
Gesin met klein kinders

Stil en privaat, pragtige natuurlewe.

Wat 'n lekker naweek-wegbreek met kwaliteit familietyd sonder tegnologie. Stil en privaat. Eenvoudig maar tog als wat jy nodig het. Die donkie was baie interessant vir die kinders om te beleef. Lieflike swembadjie wat ook met 'n donkie werk. Regte oudtydse plaashuisie met die mooiste uitsig op die stoep.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Dewald C - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dewald C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Hidden gem on a mountain top.

The place was calm and relaxed and not too far away from Pretoria. 2 hr drive and you are under the stars. Great with the heated pool outside that the wife enjoyed and also save and fenced for our little Jack Russel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marinda B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marinda B
Gesin met tieners

Stukkie Stilte naby die hemel.

Rus, rus en nog rus. Die naweek by Stukkie Stilte Berghuis was heerlik. Die sterre is so helder in die aand, dit voel of jy in die hemel is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Rikus S - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rikus S
Saam met vriende

Lekker wegbreek met rus en vrede.

Ons het baie lekker gebly. Die huis is baie goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas, gasstoof en alle kosmaakbenodighede. Daar was selfs plaaseiers en koffie voorsien. Die huis is 'rustic' maar gesinne behoort lekker daar te bly. Daar was meestal selfoonopvangs behalwe as dit beurtkrag was. Die eienaar het oorgenoeg hout voorsien vir die braai en om die twee donkies aan die gang te hou. Die stoep is seker die beste gedeelte met 'n baie mooi uitsig oor die plaas in die dag en sterre in die nag. Die plonspoel was baie lekker en selfs op 'n koue aand kon mens swem met die donkie wat dit verhit. Ons het lekker rondgestap deur die kloof en stroompie wat deur die plaas vloei. ' n Uitgekapte en gemerkte staproete sal baie help, want dis 'n mooi plaas. Sal die verblyf aanbeveel vir mense wat uit die stad se geraas wil ontsnap en op soek is na rus en vrede.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Rhijnhardt M - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rhijnhardt M
Saam met vriende

Goeie wegbreek met 'n mooi uitsig.

Ongelooflike mooi uitsig met plase en berge reg rondom. Die huisie het alles wat jy nodig het en jy kan verseker die swembad/jacuzzi vir 'n skemerkelkie gebruik, want dit is wonderlik ná 'n dag van stap en rond beweeg, terwyl jy die son sien sak. Die plaas eiers wat gegee word is net so lekker vir 'n goeie ontbyt wat jou dag perfek sal begin.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Chantal H - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Chantal H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik, veilig en rustig.

Ons het die plekkie baie geniet. Kon ongelukkig nie fietsry nie a.g.v. die tipe grond en los klippe op die plaas. Maar het gestap en die vrede en rustigheid ervaar. Uitgerus, lekker gebraai in die lapa langs die huis. Baie stil, hoor net jakkalse snags. Die donkie was 'n uitdaging, maar na ons dit bemeester het, was dit groot pret.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anne V - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anne V
Gesin met klein kinders

Rustic weekend getaway with a magnificent view.

Lovely to sit drinking coffee on the stoep or go for walks. Diane was a great host, very friendly and very helpful. The cottage itself has some details that need fixing/finishing off, but is equipped with all you need.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan W - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan W
Saam met vriende

Terug na die natuur.

Ons het lekker gekuier. Ignatius en Diane het ons baie vriendelik ontvang en uit hul pad gegaan om ons welkom te laat voel. Beddegoed was silwerskoon. Ons het dit geniet om die donkie te stook vir warm water en ure op die stoepie gesit vir die uitsig. Ons kon lekker stap. Alhoewel die huis "rustic" is, het dit alles gehad wat ons benodig het en presies vir ons gegee waarna ons gesoek het - om te vergeet van die stad.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Rita D - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rita D
Gesin met tieners

Dit is presies wat dit sê. 'n Stukkie stilte-juweel. Stil, rustig en weg van alles. Boardgames en sterrekyk. Vriendelikheid en eerlike mensies. Baie dankie. Sien jul definitief weer.

Gesinstyd sonder sein! Asemrowend lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Chantelle J - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantelle J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike mense, pragtige natuurskoon, rustigheid en stilte.

Diane het ons tuis laat voel van die oomblik dat ons daar aangekom het. Die huis is pragtig en sy het aan als gedink om dit gemaklik te maak vir mens. Natuur is beeldskoon. Mens sou nie se daar is nie krag in die huisie nie met al die luukshede wat sy bygevoeg het. Baie gemaklik. Diane en haar man het uit hul pad gegaan om ons by te staan toe ons 'n probleem met een van ons bande op ons voertuig gehad het toe ons uitgeboek het. Ons sal beslis weer van hul gebruik maak. Lekker gesellige kuierplek weg van die stad se geraas af.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R33, Erfdeel 13 Doornkom, Modimolle (Nylstroom), 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a9d8d856b13b422aa87746c16a05638b72b83c3191524f7b36788b46385f03e3c4989e2e27c80b3bd329ef47431405081ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Off the R33 Portion 13 Doornkom 0510 Limpopo 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -24.49221361724 28.383099922239
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem