Stylish Modern Beach Front Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stylish Modern Beach Front Apartment is in Bloubergstrand geleë met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Dié woonbuurt is perfek geleë vir mense wat Kaapstad en die omliggende omgewing besoek. Die goue strand is ideal vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge in die omgewing sluit vierwielmotorfietsry, voetslaanroetes, inkopies en uiteet by restaurante in.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hooflsaapkamer het 'n konginggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n uitsig oor die see en Tafelberg. Die woonstel het 'n veilige onderdakparkeerplek en addisionele parkeerplek is ook beskikbaar binne die kompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by Stylish Modern Beach Front Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stylish Modern Beach Front Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false