Kaapstad Middestad Akkommodasie by Stylish Yachtie Loft Apartment | LekkeSlaap
+17
+17

Stylish Yachtie Loft Apartment

Selfsorg
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darlingstraat 14, Zonnebloem, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Stylish Yachtie Loft Apartment bied verblyf in 'n woonstel wat met 'n seiljag-tema versier is in die hartjie van Kaapstad se middestad. Dit is net 800 m vanaf die Kompanjiestuin en naby restaurante, winkels en kos-markies. Die woonstel is in 'n veilige blok in die Mutual Heights-gebou wat 24 uur-sekuriteit in die voorportaal het.

Dié woonstel beskik oor 'n solder-slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n Slim-TV waar gaste by hul eie Netflix-rekening kan inteken. Op die onderste verdieping is 'n oopplan-kombuis en -sitarea en 'n badkamer. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, koffiemasjien, ketel en 'n broodrooster toegerus.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n Slim-TV met toegang tot Netflix. Daar is 'n trap vanuit die sitarea na die solder-area. WiFi word voorsien. Parkeerplek is beskikbaar in die gebou oorkant die pad. Skoonmaakdienste is beskikbaar indien nodig. Daar is 'n gemeenskaplike swembad in die gebou.

Slaapplek

’n Bespreking by Stylish Yachtie Loft Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Darlingstraat 14, Zonnebloem, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darlingstraat 14, Zonnebloem, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47405f1a1be7834253b949260d8aa9a7da6be3345ea7ba3d89e78de9b65e9c421bd4d77450171828cbd45eb5ff71adb3d77b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 14 Darling Street Zonnebloem 7925 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.924346024995 18.422596421496
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za