Sue Casa

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Sep 2019 tot 6 Okt 2019.

Beskrywing

Sue Casa bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gemeubileerde tweeslaapkamerwoonstel. Die woonstel is ideaal geleë teen die Manaba-strand kuslyn, dus bied dit see- en branderuitsigte. Dit is ook naby aan 'n strand met lewensredders, winkels en kroeë.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en is op die derde verdieping. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer bied 'n koninggrootte-bed, oorgenoeg kas-spasie en dit het see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer beskik oor 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n ekstra aparte toilet. In die sitarea is daar 'n dubbelslaapbank en skuifdeure wat lei na 'n balkon. Gaste kan van die balkon af kyk hoe die branders oor die rotsbedekte-strande breek terwyl vissermanne hul beroep beoefen. Die balkon bied gemaklike sitplek op buitemeubels en gasbraaigeriewe. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n diepvrieskas, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die woonstel het 'n platskerm-TV met DStv- premium, kringklank, 'n DVD-speler en klein HiFi.

Die kompleks is veilig agter 'n spitspaalheining met 'n afstandbeheerde, elektriese hek en 'n toesluit-motorhuis vir 1 voertuig. Daar is ook parkeerplek vir sleepwaens en beperkte parkeerplek vir gaste. Die kompleks het 'n gemeenskaplike braai-area.

Daar is 'n privaat rotsbedekte-strand oorkant die kompleks en net 'n kort wandeling langs die kuspaadjie (gewild onder drawwers en fietryers) bring gaste by die immer gewilde Lucien-strand. Die strand is beskerm deur 'n haainet en lewensredders. Daar is ook 'n getypoel, snoepie en 'n roomyswinkel. Lucien-strand word Margate-strand, waar 'n verskeidenheid eetplekke en vermaak gevind kan word.

Slaapplek

'n Bespreking by Sue Casa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sue Casa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 R711 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Sep 2019 tot 6 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za