Sue Casa A

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jun 2019 tot 22 Sep 2019.

Beskrywing

Sue Casa A is 'n selfsorgwoonstel in Manaba an KwaZulu-Natal se suidkus. Dié omgewing spog met pragtige strande, strandmere, rotsbaaitjies, grasbedekte skuinstes, die warm Indiese Oseaan, immer-sonskyn, subtropiese woud en plantegroei wat die skares lok, veral tydens die feesseisoen.

Die woonstel is op die onderste verdieping en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 slaapbanke in die sitkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolf en wasmasjien. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 4 stoele. Die sitkamer het 'n L-vormige rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Albei slaapkamers en die sitkamer het plafonwaaiers.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe en gaste het toegang tot 1 toesluitmotorhuis. Ekstra gaste-parkeerplek is beskikbaar op 'n eerste-gesien-eerste-bedien basis.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sue Casa A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R532 R532 per nag (plek vir 6)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jun 2019 tot 22 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za