Sue Casa C

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sue Casa C is 'n selfsorgwoonstel in Manaba aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié stukkie kus se wit strande, strandmere, rotspoele, warm water, woude en subtropiese klimaat lok vakansiegangers van heinde en verre.

Sue Casa C is 'n grondvloerwoonstel met slaapplek vir 4 mense in 2 slaapkamers en daar is 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak, en toilet.

Die woonstel het ook 'n kombuis, en 'n sit- en eetarea. Eersgenoemde is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, en 'n mikrogolf. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en daar is gerieflike banke, en 'n TV met sekere DStv-kanale in die woonkamer. Verder is daar plafonwaaiers in altwee slaapkamers en in die woonkamer.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe en daar is 1 motorhuis wat kan sluit. Parkeerplek vir ekstra gaste is beskikbaar op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sue Casa C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R519 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za