Elysium Akkommodasie by Sugar Beach Resort | LekkeSlaap
+27
+27

Sugar Beach Resort

  • Vanaf R1 485 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowryrylaan 1, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sugar Beach Resort is minder as 'n kilometer vanaf die strand in die dorpie Elysium, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal tussen die Mtwalume- en Ifafa-strand, geleë.

Die oord bied uitstekende geriewe vir korporatiewe konferensies, vergaderings en spanbousessies, troues, Walimas, reünies, trouherdenkings en familiesaamtrekke. Daar is 'n swembad, sondekke, piekniek-areas, braaigeriewe en 'n kinderspeelgrond vir alle gaste se gebruik. Die uitstekende Halaal-restaurant bied sitplek vir tot 120 gaste en bied heerlike etes vir ontbyt, middag- en aandete. Ontbyt is ingesluit by die akkommodasie-tarief. Die eenhede is nie geskik vir selfsorgverblyf nie.

Dié versteekte juweel is gerieflik geleë en bied gaste 'n mooi uitsig oor die see, strandmeer en die bosagtige heuwels. Daar is eindelose, ongerepte strande vir ware rus en vrede. Hou 'n ogie uit vir die beeldskone skulpies wat uitspoel op die strand, veral vroegoggend met laaggety. Die warm water wat teen dis kuslyn breek, is ideaal vir swem, snorkel en duik. Visvang op die strand en in die strandmeer is uiters gewild. Elysium-strand is die perfekte plek om die jaarlikse sardientjieloop dop te hou, óf deel te neem. Walvisse en dolfyne is dikwels te siene in die wintermaande waar hulle speel en eet in die golwe.

Neem asseblief kennis dat geen alkohol verkoop word of toegelaat word binne die hoof-lodge nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir Sugar Beach Resort
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Cowryrylaan 1, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sugar Beach Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 485
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 485
per nag (plek vir 2)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 485
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowryrylaan 1, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY5MjE4ODYxLTQ3MmItNDZjNi04MGY4LTQzZWQ3MDk1NjI2Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 485  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 1 Cowry Drive Elysium 4185 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -30.482256155137 30.634392303149
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za