Vereeniging Akkommodasie by Sugar Bush Accommodation | LekkeSlaap
+7

Sugar Bush Accommodation

10 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sugar Bush-rylaan 25D, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sugar Bush B&B is in Drie Riviere, 'n voorstad van Vereeniging. Dit grens aan die wildpark langs die Suikerbosrivier wat net 600 m verder in die Vaalrivier invloei.

Die eenheid bied 'n privaat ingang, 'n dubbelslaapkamer en 'n en suite-badkamer wat met 'n stort en 'n bad ingerig is. Die lugversorgde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Indien nodig, kan kinders op 'n matras in die sitkamer geakkommodeer word. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolf, ketel, tweeplaatstoof en 'n tafel met 2 stoele. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv en lei na 'n balkon met uitsigte oor die park.

Verder is daar veilige parkeerplek en die eiendom het 'n elektriese heining en is aan 'n gewapende reaksie-eenheid gekoppel.

'n Wasgoeddiens is op Dinsdae en Donderdae teen 'n ekstra koste beskikbaar vir langtermynverblyf. Die eenheid word van Maandag tot Vrydag skoongemaak. 'n Kontinentale ontbyt kan in die eenheid voorsien word teen 'n ekstra koste.

Kontak ons asseblief in verband met vir langtermynverblyf-tariewe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Sugar Bush Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Sugar Bush-rylaan 25D, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng
  • Gaste dink Sugar Bush Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vereeniging Gauteng
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sugar Bush-rylaan 25D, Drie Riviere, Vereeniging, 1929, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1MWVhNzU3LWZhODItNDhhNS05OGI4LTM3MGM4Y2VhYjQxZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 25 D Sugar Bush Drive Three Rivers 1929 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.661558826578 27.989404946566
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za