LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sugar Shack | LekkeSlaap
+31

Sugar Shack

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Saint Augustine-weg 33, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sugar Shack is 'n vissermanskothuis met slaapplek vir 6 gaste in Paternoster, 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus.

Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer het 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer is apart en het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis het ook Le Creuset-potte en luukse KitchenAid-toerusting en is ideaal vir gaste wat daarvan hou op kos te maak. Daar is 'n etenstafel met kaggel en die sitarea het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. WiFi is beskikbaar.

Gaste kan op die stoep met 'n tuinuitsig ontspan of die beskutte braai- en sitarea gebruik. Die kothuis het 'n ook 'n lieflike terras met hangmat, 'n tafel en stoele en 'n uitsig oor die see. Dié terras is op die tweede verdieping en word via trappe bereik.

Die kothuis is heeltemal omhein en goed gemanierde troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Daar veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel en die huis het 'n alarmstelsel.

Sugar Shack is 90 m vanaf die strand en is sentraal geleë naby Paternoster se restaurante. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Cape Columbine Natuurreservaat, die Weskus Fossielpark en die Bergrivier riviermonding in. Gaste kan doendinge soos swem, duik, spiesvisvang, kajakvaarte op die see en bergfietsry geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Sugar Shack sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Sugar Shack
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Saint Augustine-weg 33, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sugar Shack het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Saint Augustine-weg 33, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnpxHb5p27SWh10B21SQSFpIwgeoSguNz4vQn7tZgikIDCQKyNd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 33 Saint Augustine Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -32.808233588371 17.885574549436
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!