Suikerbosrant B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Suikerbosrant B&B is in Kameeldrift-Oos in die Roodeplaatdam-area en bied veilige oornagverblyf naby die N1-snelweg en verskeie trou-venues.

Verblyf word in 4 individueel versierde eenhede gebied. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders jonger as 18 jaar. 3 van die eenhede het selfsorgkombuisgeriewe. Party eenhede het ’n TV met OpenView HD-kanale en lugversorging. Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe Donderdae.

Die eenhede is privaat en bied 'n unieke uitsig, asook 'n veranda en braai-area.

Ontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar en word in die eetarea by die swembad bedien. Gaste kan van die swembad gebruik maak. Let asb. op dat gaste nie by die swembad piekniek mag hou nie. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Daar is 'n alarmstelsel en geslotekringtelevisie, asook 'n sekuriteitswag en waghond om veiligheid te verseker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Suikerbosrant B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R748 R524 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za