LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Suikerbossie | LekkeSlaap
+26

Suikerbossie

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: h/v Skool- en Van Riebeeckstraat, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 800 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Suikerbossie is 'n opgeknapte vierslaapkamerhuis in die skone Swartland-wyndistrik van die Wes-Kaap. Daar is slaapplek vir 8 mense op 'n slag hier in die hartjie van Riebeek-Kasteel. Die pragtige omgewing is bekend vir sy olywe en beroemde wynplase en is ideaal geleë vir 'n gesinswegbreek.

Dié huis het slaapplek vir 8 en elke unieke kamer het 'n en suite-badkamer en nooi jou om onder die ontwerperslinne in te kruip. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n Victoriaanse bad, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stort. Daar is 'n dubbelbed en 'n stort in die derde slaapkamer en die aparte vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en spog met 'n bad en stort.

Al die slaapkamers en die leefarea lei na die outydse stoep oop wat ideaal is vir ontspan op die warmer dae. Om jou koel te hou gedurende dié warm dae het elke kamer 'n koloniale waaier bo die bed. Ontspan en koel af langs die plonspoel en in die lekker skaduwee op die stoep.

Selfs in die winter sal jy lekker knus bly, want elke en suite-badkamer het ondervloerse verhitting. Die sentrale kaggel in die sitkamer hou die hele huis lekker warm. Suikerbossie spog met 'n volledig toegeruste, moderne kombuis met 'n beeldskone lemmetjiegroen Smeg-yskas, werkoppervlaktes van vlekvrye staal en al die nodige breekware, eetgerei, potte, panne en toerusting wat jy sal benodig vir selfsorg.

Daar is ook 'n koloniale waaier in die sitkamer en die eetkamer het 'n lieflike tradisionele eetkamertafel. Die kombuis, sitkamer en eetkamer het 'n oopplan-uitleg wat die ideale ontspanne omgewing skep.

Jy kan ook langs die swembad ontspan by die tafel met sitplek vir 8 onder die pergola.

Die stoep strek reg rondom die huis en herinner jou aan 'n plaashuis uit die 1920's. Jy kan net hier sit met 'n glasie plaaslike shiraz en heerlike olywe uit die vallei sit en eet. Daar is 'n ingeboude bankie, gemaklike kussings en 'n tafel en stoele wat dit ideaal maak vir etes in die buitelug en natuurlike 'n tradisionele braai.

Suikerbossie is net 'n hanetreetjie van wêreldklas-restaurante, kroeë, winkels en die bekende wyn- en olyf-boetieks in die ongerepte, bekoorlike dorpie. Kloovenburg en Allesverloren, waar jy van hulle bekende wyne kan proe en koop is maar net 5 minute se ry van ons af. Yzerfontein is die naaste strand en sal jou omtrent 45 minute neem om daar uit te kom. Langebaan, Stellenbosch en Franschhoek is ook lekker naby.

Slaapplek

’n Bespreking by Suikerbossie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Suikerbossie
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • h/v Skool- en Van Riebeeckstraat, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Gaste dink Suikerbossie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 800
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R4 800
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: h/v Skool- en Van Riebeeckstraat, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkyOGUwYzE5LTdiZjctNGYyOC05ZmNmLWE4MTJjOTIxZDdlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 800  per nag (vir 8 persone) 12 5 1 5 Corner of Skool and Van Riebeeck Street Riebeek Kasteel 7307 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.385422777345 18.899527341127
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!