Sumir's 2 Bed Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sumir's 2 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in Kaapstad se middestad. Die gebou is ideaal geleë naby 'n hele rits ontspan- en sakegeriewe in die stad.

Dié woonstel op die 21ste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, ingeboude kas, elektroniese kluis om waardevolle items in te stoor en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplankombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond met 'n stoof, kooktoebehore, eetgerei, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër. Die leefarea langsaan het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en in die sitkamer is daar 'n plasma-TV met 'n DVD-speler en sekere DStv Compact-kanale.

Die leefarea bied uitstekende uitsigte oor die stad. Die gebou het ook 'n binnenshuise swembad, 'n klein maar goed toegeruste gimnasium, 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangstoonbank en aangewese parkeerplek met afstandbeheerde toegang.

Die gebou is ook ideaal geleë naby nagklubs, restaurante, museums en net 'n klein entjie se ry van die KIKS, Kunstekaapteater, Kaapstad-stadion in Groenpunt en die V&A Waterfront af.

Slaapplek

'n Bespreking by Sumir's 2 Bed Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sumir's 2 Bed Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false