Knysna Akkommodasie by Summer Apartment | LekkeSlaap
+10
+10

Summer Apartment

Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerplace 25, Trotter Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Summer Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in sentraal Knysna. Die kompleks is ideaal geleë naby Knysna Mall, restaurante, winkels, en ander geriewe in die middedorp.

Dié ruim woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank met sitplek. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkonarea met stoepmeubels en braageriewe. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die woonstelle is loopafstand vanaf die bekende Knysna Waterfront met baie winkels en restaurante. Die kompleks is oorkant die pad van die strandmeer, asook waar die veerbote vertrek na die strandmeer of na die Featherbed Privaat Natuurreservaat.

Slaapplek

’n Bespreking by Summer Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Summerplace 25, Trotter Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerplace 25, Trotter Street, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA26ece585d943435634acbbadc598dee8b6be1bac90685561be8f68ec09631778aa3b3d079544d54315c45a3e4bd28348d841?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 25 Summerplace Trotter Street 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0368806 23.0403248
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za