Summer Place 32

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Summer Place 32 is 'n selfsorgwoonstel wat in Shelly Beach geleë is. Hierdie eenheid is op die eerste verdieping geleë met ongelooflike see-uitsigte en uitsigte oor die groen grasperke en die swembad. Die Summer Place-kompleks is beveilig met afstandbeheer-toegang en sekuriteitswagte vir ekstra gemoedsrus.

Die woonstel is ruim en gerieflik ingerig. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en die woonstel bied slaapplek vir 6 mense. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en see-uitsigte en dis oopplan met die patio. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, waar die tweede en derde slaapkamer 'n badkamer met 'n bad deel. Die tweede slaapkamer bevat 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy nodig het vir die voorberei van maaltye. Verder is daar ook 'n wasmasjien en tuimeldroër vir jou gerief. Die leefarea is ingerig met 'n eetkamertafel en 'n gemaklike sitkamerstel met 'n 42"-LCD-TV en 'n beperkte versameling DStv-kanale. Die sitkamer bied toegang tot 'n groot balkon met 'n eetkamertafel en gemaklike patio-sitkamerstel waar gaste kan ontspan en kyk hoe dolfyne en walvisse in die baai baljaar.

Die eenheid het 'n onderdakparkeerplek en daar is bykomende parkeerplek vir gaste en bote op 'n 'eerste gesien, eerste bedien'-basis. Linne word voorsien vir al die beddens, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens op versoek beskikbaar, maar dis onderhewig aan beskikbaarheid en bykomende kostes.

Summer Place 32 is teen die strand langs 'n hawe vir kleiner bote en 'n winkelsentrum geleë. Dié verblyf se ligging kan nie beter wees nie! Alles wat jy benodig, is net 'n klipgooi weg. Daar is 'n sprankelende swembad, gemeenskaplike braaiplekke en klimrame op die groot groen grasperke en 'n hekkie wat direkte toegang tot die strand bied ? dus hoef jy nie enige strate oor te steek nie. Die strand is veilig met lewensredders en haainette en daar is selfs 'n getypoel.

Slaapplek

'n Bespreking by Summer Place 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Summer Place 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R870 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]