Summer Tides

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Summer Tides bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde en ruim vierslaapkamerhuis teen die hange van die berg in Gordonsbaai. Geniet die uitsigte oor Valsbaai vanuit die leefareas en vanaf die patio. Die huis strek oor 2 verdiepings en bied ruimte en gerief vir groot gesinne en groepe vriende wat op soek is na 'n stresvrye wegbreek.

Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede. Summer Tides Main House het slaapplek vir 10 gaste, is ten volle toegerus en strek oor 2 verdiepings. Summer Tides Honeymoon Hideaway is geskik vir 2 gaste, is ten volle toegerus en is op die boonste verdieping met 'n uitsig oor die see. Summer Tides Pool Side is in die hoekie van die tropiese tuin met 'n uitsig oor die swembad en die see in die verte. Summer Tides Garden Cottage het slaapplek vir 4 gaste en is naby die swembad met 'n uitsig oor die see en op Tafelberg in die verte. Al die eenhede in toegerus vir selfsorgverblyf.

Gaste kan gebruik maak van die swembad in die heerlike, boomryke tuin en daar is parkeerplek op dier perseel.

Gordonsbaai is 'n prentjiemooi hawedorp in die Wes-Kaap wat net 40 minute van Kaapstad af is. Dit maak dit die perfekte basis vanwaar die besienswaardighede in die streek verken kan word. Gordonsbaai self spog met pragstrande, 'n Mediterreense klimaat en is die ideale kuswegbreek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Summer Tides gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false