Summerplace Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Summerplace Self-catering is in Hartbeespoort, 'n pragtige oorddorp aan die oewer van die Hartbeespoortrivier, en teen die hange van die Magaliesberge in Noordwes.

Die woonstel is op die eerste verdieping, het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Dis op die eienaar se perseel. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer word gedeel en het 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die leefarea het 'n TV, DStv, lugversorging en gemaklike sitplek.

Die eenheid is ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie.

Hartbeespoortdam is 'n heerlike plek vir watersport-entoesiaste en bied geleentheid vir bootritte, waterski en seilplankry. Ander doendinge in die omtrek sluit hangsweef, abseil, vierwielmotorfietsry en perdry in.

Hartebeespoort is sowat 45 minute se ry vanaf Johannesburg en Pretoria. Dis 'n gewilde naweekwegbreekplek vir Gautengers weens die watersport, bergroetes, gholf, markies, restaurante, wilde diere, boomtoptoere, warmlugballonvlugte en 'n kabelkarretjie.

Slaapplek

'n Bespreking by Summerplace Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Summerplace Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false