Somerstrand Akkommodasie by Summerstrand Accommodation | LekkeSlaap
+11

Summerstrand Accommodation

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Summerstrand Accommodation bied baie netjiese, stil, veilige vakansieverblyf met selfsorg-geriewe in Summerstrand, 'n gesogte woonbuurt in Port Elizabeth. Dié ruim tuiste is geskik vir 8 vriende of 'n gesin. Dit is minder as 2 km van die strand af. Ons is rolstoelvriendelik.

Die huis het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en bedkassies met lampies, die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens met bedlampies. Die twee aparte badkamers het onderskeidelik elk 'n stort en 'n bad.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met alles wat jy benodig vir selfsorg, daar is selfs 'n wasmasjien. Gaste kan lekker ontspan in die ruim sitkamer met sy gerieflike sitplek en volledige DStv.

Die tuin het 'n lieflike grasperk met tafels en stoele in die skaduwee en daar is braaigeriewe. Twee motorhuise en ekstra onderdakparkeerplek is ook beskikbaar agter 'n sekuriteitshek. Gaste kan gerus tafeltennis speel as hulle nie op die strand is nie. Alhoewel die huis een van twee huise op die perseel is, is dit heeltemal privaat.

Summerstrand Accommodation is minder as 2 km vanaf die hoofstrand, Boardwalk Casino Complex, Humewood Gholfbaan, die universiteit, en Bayworld met sy slangpark en museum. 'n Vulstasie en 'n Spar-winkelsentrum met kitskosrestaurante en 'n droogskoonmaker is minder as 400 meter van hier af. Ander groot winkelsentrums en die Nelson Mandela Stadion is net 5 minute van hier af, dit is net 10 minute se ry van Port Elizabeth se lughawe af, en al wat tussen jou en die Addo Olifantpark staan, is 45 minute agter die stuur.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Summerstrand Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Summerstrand Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Strandfontein Pad, , Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM0ZjAxMzEzLTNhOGMtNDI2NS04NzEzLTA4OWRhOTQ2MTUwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 16 Strandfontein Road Summerstrand 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.99458679888 25.653711183398
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za