Sun Lourie Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sun Lourie Resort bied selfsorgverblyf in chalets en dis in Pennington geleë. Hierdie akkommodasie is ideaal vir vakansiegangers én sakereisigers, dis naby die strand en ver van die stad se geraas.

Die verblyf by Sun Lourie Resort bestaan uit 10 chalets wat elkeen slaapplek vir 2 tot 10 mense bied. Elke chalet bevat 'n oopplan-leefarea, 'n kombuis wat goed toegerus is met die basiese toebehore vir maaltye voorberei en 'n braaiplek. Elke eenheid het 'n privaat badkamer of toegang tot gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Die oord het 'n eetsaal, 'n gemeenskaplike kombuis, 'n swembad, 'n vlugbalbaan, 'n speelgrond vir kinders met 'n trampoelien, swaaie, 'n klimraam en verskeie ander geriewe.

Sun Lourie Resort het ook puik geriewe vir sakereisigers. Daar is 'n konferensiesaal wat bespreek kan word en spanbousessies kan ook gereël word. Die oord het veilige parkeerplek vir voertuie agter elektroniese hekke en kodes word benodig om toegang tot die oord te kry.

Daar is verskeie voëlspesies en wild soos apies en muishonde wat op die perseel tuisgaan. Die oord is ongeveer 450 meter van die strand af geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sun Lourie Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za