Costa Sarda Akkommodasie by Sun Valley Place | LekkeSlaap
+29
+29

Sun Valley Place

Selfsorg
  • Vanaf R750 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley Drive, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sun Valley Place is 'n selfsorgwoonstel op die pragtige Knysna-strandmeer geleë tussen palmbome en eksotiese tuine. Dit is privaat, luuks en kan 4 gaste gerieflik akkommodeer. Die unieke ligging, verhewe posisie en algehele afgeslotenheid van die hoofhuis maak dit baie privaat en is perfek geleë vir paartjies en wittebroodpaartjies.

Sun Valley Place verwelkom gaste altyd met 'n komplimentêre teeskinkbord, koffie en beskuit.
'n Mandjie seisoenale vrugte verwelkom ons bespreekte gaste met aankoms. Hierdie is die ideale vakansieplek vir families wat die water, bootvaart en visvang geniet. Ons is ook ywerige fietsryers en het baie fietsryers wat by ons kom oorbly.

Sun Valley Place het een slaapkamer wat sonnig is en 'n koningingrootte-bed met goeie gehalte linne en elektriese kombers vir koue winternagte. Vir die warm somernagte sal 'n dakwaaier jou koel en gemaklik hou. Die kamer het 'n spieëltafel met lampies, haardroër en kluis. Die sitkamer het DStv, 'n DVD speler en 'n VCR. Dit het ook 'n draagbare CD en kassetspeler en radio. Die kinders of ander gaste kan in die sitkamer op die dubbelslaap-banke slaap. Dit het ook 'n dakwaaier vir die warm somerdae en 'n gasverwarmer vir die koue winternagte. 'n Kampeerkot is ook op versoek vir jou baba beskikbaar. Die oopplan-kombuis met soliede graniet-toonbanke is goed toegerus met vlekvryestaalpotte en panne, goeie kwaliteit eetgerei en kombuisware met mikrogolfoond, rooster, yskas-vrieskas en stoof met 'n oond. 'n Eethoekie skei die kombuis van die sitkamerarea. Die badkamer is luuks met 'n bad, stort en het pragtige kristal-badkamerbybehore.

Die eenheid het 'n sondek met uitstekende uitsigte oor Knysna se strandmeer. Dit is die ideale plek om by te ontspan en die rustigheid van die omgewing te geniet. Daar is stoepstoele, 'n tafel en privaat braaigeriewe.

'n Boot kan teen R150 per dag by die jetty vasgemeer word, mits dit vooraf gereël word en 'n dubbelkano is altyd vir gaste se gebruik beskikbaar. Die groot tuin bied baie plek vir kinders om veilig te speel. Gaste kan visstokke bring om van die jetty af of by die strandmeer vis te vang.

Die eiendom is stapafstand van Knysna se middedorp af en naby alle geriewe soos die veerbote, winkelsentrums, restaurante, gholfbane, die Knysna Quays, strande en vele meer.

Slaapplek

’n Bespreking by Sun Valley Place sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Grieks

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 49 resensies vir Sun Valley Place
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Sun Valley Drive, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sun Valley Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sun Valley Drive, Costa Sarda, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI2ZjJmNDgzLTQwMTktNGIyYi04OTMzLWM3ODE3MDc1M2NhZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 4 persone) 49 5 1 5 Sun Valley Drive Costa Sarda 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.039707027369 23.060629963875
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za