Sunbird's Rise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunbird's Rise is 'n selfsorgwoonstel op die boonste verdieping van die hoë The Bay-woonstelblok oorkant die pad vanaf die strand, in Bloubergstrand. Dit is aan die Weskus geleë en bied die ideale ligging vanwaar besoekers Kaapstad en die omliggende area kan verken. Bloubergstrand se goue strande is 'n fantastiese bestemming vir watersporte soos seilplankry en vlieërbranderry, maar daar is ook ander doendinge in die omgewing, soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaaparea, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en word geskei vanaf die leefarea met 'n ligte gordyn. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike bank, 2 stoele, 'n radio met 'n CD-speler en 'n platskerm-TV met volledige DStv.

Die leefarea bied toegang tot 'n klein balkon met 'n tafel en 2 stoele. Rook is verbode en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunbird's Rise sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunbird's Rise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false