Ramsgate Beach Akkommodasie by Sundowner | LekkeSlaap
+42
+42

Sundowner

Selfsorg
  • Vanaf R2 381 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Shadstraat 469, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sundowner is 'n pragtige vakansiehuis in die stil stranddorp Ramsgate aan die Suidkus van KwaZulu-natal. Die huis is net 30 m van die strand in Ramsgate af.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Alle slaapkamers het dubbelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die ander badkamers het storte, wasbakke en toilette. Alle beddegoed word voorsien, maar gaste moet hulle eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 2 stelle stoofplate, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n ysmasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Daar is ook 'n ontbyttoonabnk met stoeltjies. Die eetarea langs die kombuis het sitplek vir 8 gaste en langs die eetarea is daar 'n kroeg met 'n pool-tafel en veerpyltjiebord. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel met sitplek vir 8 gaste en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. Daar is 'n DStv-koppelpunt, so as gaste DStv wil kyk kan hulle hulle eie dekodeerdeer saambring, of een huur by die plaaslike verskaffer in Margate. Daar is geen PVR- of Explora-koppelpunte nie.

Die sitarea, eetarea en kroeg lei na 'n pragtige swembad en dek met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste.

Langs die swembad is daar 'n pragtig ontwerpte tuin met 'n strandhekkie en paadjie wat reguit na die strand lei. Gaste kan hulle troeteldiere saambring indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Sundowner sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Ekstra enkelmatras
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEkstra enkelmatras

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Ligging

  • Shadstraat 469, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 381
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 381
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 381
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Shadstraat 469, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68f02fc72000f87341129b4a86c2b0ef5551d0fedf6783688c8a5b79844e63c49458c2277e9fef7d6aeeae33678226dc5b41?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 381  per nag (plek vir 8) 469 Shad Street Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.882491423179 30.355181983415
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za