Sundowner's View

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Sundowner's View is in Steynrust in Somerset-Wes geleë en bied gehalte-verblyf vir sakereisigers, gesinne, vakansiegangers en gaste wat net wil oornag. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede. Dit spog ook met 'n pragtige uitsig oor Valsbaai en Kaapstad.

Die verblyf beskik oor 2 eenhede. Die gesinseenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid is ideaal vir sakereisigers en is vir selfsorg toegerus met 'n mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met DStv, lugversorging, 'n haardroër en komplimentêre WiFi.

Die 2-Enkelbedeenheid beskik oor 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is koffie- en teemaakgeriewe, en komplimentêre WiFi. Die eenheid is ideaal vir sakereisigers wat net wil oornag.

Sundowner's View is 28,4 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en Waterstone Village is net 'n entjie se ry weg. Die Virgin Active-gimnasium en Somerset Mall nabygeleë en die gesogte Kusweg is 20 minute weg. Stellenbosch is net 'n paar minute se ry weg en spog met 'n hele klomp wynplase en ander doendinge.

Daar is troeteldiere op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sundowner's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R425 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za