Sunkissd Views

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunkissd Views is ’n lugtige, rustige selfsorgwoonstel met ’n pragtige uitsig in die Mimosa-gebou in Seepunt, in the hartjie van alles. Gaste kan op die promenade of langs die see gaan stap, of Seepunt High-straat verken. Die woonstel is die ideale vakansieverblyf.

Sunkissd Views bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed, TV en ’n en suite-badkamer wat oopplan is met ’n stort-oor-bad, toilet, wasbak, haardroër en komplimentêre toiletware. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ’n groot stort, toilet, wasbak en komplimentêre toiletware. ’n Haardroër kan versoek word.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het ’n yskas, stoof, oond, ketel, broodrooster, mikrogolf, toebroodjiemaker, koffiekapsules, melkskuimer, menger vir vrugtesappe, handmenge en verwelkomingspakkie met water, drankies en sout en peper. Die leefarea spog met lieflike meubels, ’n slim-TV met DStv-gesinspakket en plek vir skootrekenaars. Gaste kan ook hul ontbyt of skemerkelkies hier geniet. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die Mimosa-gebou het 24 uur-sekuriteit by die voorste en agterste ingang. Die gebou beskik ook oor ’n hysbak.

Veilige parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar.

Sunkissd Views is die ideale plek om die see en asemrowende sonsondergange te geniet in ’n plek wat ontwerp is met die kennis van jare se ondervinding in die gasvryheidsbedryu. Gaste kan heerlik hier terugsit en ontspan.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunkissd Views sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunkissd Views gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false