Knysna Akkommodasie by Sunny Side of Life | LekkeSlaap
+37

Sunny Side of Life

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commodore-singel 25, Pezula-gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R4 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sunny Side of Life is 'n moderne selfsorghuis op die Pezula-gholflandgoed in Knysna. Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en spog met 'n prentjiemooi uitsig oor Knysna se strandmeer en op die Outeniekwaberge in die verte.

Die vakansiehuis het 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer, asook die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort of 'n bad, of albei. Elke slaapkamer lei na die boonste dek. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook en het ook 'n ontbythoekie.

Die leefarea het stapeldeure wat na 'n dek lei. Die dek het ingeboude braaigeriewe, 'n swembad en 'n Jacuzzi. 'n Dubbelmotorhuis is beskikbaar vir 2 voertuie. Gaste het toegang tot die 18 putjie-gholfbaan, 'n buitelug swembad, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed.

Daar is ook 'n 5 ster-hotel op die landgoed met 'n spa, gimnasium, verhitte swembad met 'n ouderdomsbeperking, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunny Side of Life sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Commodore-singel 25, Pezula-gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commodore-singel 25, Pezula-gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5yYVilGm0r4Iv0KaLy6BwA1NTsQ8qjrfTUt2IZ2hQhb0GHsAhM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 800  per nag (plek vir 8) 25 Commodore Close Pezula Golf Estate 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.06499 23.094431
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za