Sunrise B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunrise B&B is geleë in die Vrystaatse dorpie Hennenman, net 20 minute se ry vanaf Welkom. Ons bied skoon en gerieflike verblyf vir oornag-, langtermyn- of permanente-gaste. Die bekoorlike B&B bied die perfekte blyplek vir vakansiegangers, sakereisigers of selfs bejaardes (op 'n meer permanente basis).

Daar is 5 kamers, 3 van die kamers het elk 'n dubbelbed, 1 van die kamers het 2 enkelbeddens en die laaste kamer het 1 driekwartbed vir 'n enkelpersoon. Elke kamer deel 'n badkamer met 1 ander kamer. Die kamer met 2 enkelbeddens het sy eie badkamer. Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe vir gaste se gerief. Daar is 'n yskas en mikrogolfoond in die gemeenskaplike area en gaste is welkom om daarvan gebruik te maak.

Permanente verblyf is ook beskikbaar vir bejaardes met al die moontlike geriewe en dienste beskikbaar. Die standaard van ons diens is baie hoog en spesiale versoeke (indien nodig) sal vriendelik na omgesien word en moet asseblief vroegtydig met die eienaars gereël word. Afslag-tariewe is van toepassing indien die verblyf langer as 6 dae is. 'n Kontinentale ontbyt is ingesluit by die prys en 'n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt en ander etes is beskikbaar teen 'n ekstra koste met vooraf reëling.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunrise B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]