Sunset Beach Escape

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Beach Escape is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Sunset Beach wat 'n pragtige uitsig op Tafelberg deur die sitkamer se groot venster het. Dit is die perfekte wegbreekplek vir 'n gesin, 'n romantiese naweek of om te rus gedurende 'n sakereis.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. 'n Kampbed is op versoek beskikbaar.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei in. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV.

Op die onderste verdieping is daar 'n privaat kuierarea met braaigeriewe, 'n tafel met stoele en 'n buitestort om die seesand af te spoel. Daar is genoeg parkeerplek vir 2 motors op die perseel. Sunset Beach Escape het die ideale ligging 500 m vanaf 'n pragtige strand en 12 km vanaf die Kaapse middestad. Dié strand is bekend as 'n topvlieërbranderplankry-bestemming.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunset Beach Escape sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Beach Escape gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]lekkeslaap.co.za