Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Bush Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartbeesfontein 49, Hammanskraal, 400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sunset Bush Camp is 'n ware paradys in die hartjie van die bosveld en is in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, slegs 100 km vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe, geleë. Dis ideaal vir wild- en voëlkykliefhebbers met die Groot 5 en meer as 450 voëlspesies in die omliggende omgewing. Neem asseblief kennis dat jy sowat 10 km met 'n grondpad moet ry om by ons te kom. Dié pad is nie altyd geskik vir motor met 'n lae grondvryhoogte nie.

Verblyf word in 3 safari-gesinstente, 3 safari-tente, 5 chalets en 1 kothuis gebied.

Die safari-gesinstente het elk 'n koningingrootte-bed met elektriese komberse, 2 enkelbeddens vir kinders, 'n yskassie, waaier en 'n patio met 'n tafel en stoele. Al die tente is teen die heining geleë. Elke tent het 'n privaat ablusieblok met 'n toilet, wasbak, stort en ingeboude kas. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis wat gedeel word deur die 3 tente op die dek. Elke eenheid het 'n klein boma met 'n braaiplek.

Die safari-tente het elk ’n koningingrootte-bed met elektriese kombers en witlinne, ’n kombuisie met eetgerei, breekware, ’n wasbak, tweeplaatgasstoof, yskassie, waaier en stoep met tafel en stoele. Elke tent het 'n privaat en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, stort en ingeboude kas. Daar is ook 'n klein boma met 'n braaiplek by al die tente. Die tente is geskik vir 2 volwassenes en ’n matras kan bygevoeg word indien ’n kind saamkom.

Die kothuis is 'n klein kamer met 'n dubbelbed met wit linne, ingeboude kaste en is ’n kort entjie van die res van die verblyf af. Die chalets het elk ’n koningingrootte-bed en dubbelstapelbed met wit linne, ’n ingeboude kas en en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die kothuis het 'n koningingrootte-bed, stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort.

Al die chalets het lugversorging. Twee van die chalets en die kothuis is teen die heining en die ander chalets het ’n uitsig oor die bos. Alle eenhede het ’n goed toegeruste buite-kombuis met ’n yskas-vrieskas, wasbak, tweeplaatgasstoof, kaste, broodrooster, ketel, eetgerei en hul eie braai. Die chalets is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders of 'n derde volwassenes. Die kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes.

Daar is 'n braaiwinkel, gemeenskaplike sitkamer en 'n groot boma/kombuis wat teen ekstra koste bespreek kan word vir groepe. 'n Swembad met 'n verhewe dek wat oor die bosveld uitkyk is ook beskikbaar.

Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing, soos begeleide wildritte en -stappies, Arlington Brewery and Cidery, Camp Discovery en Mystic Monkeys.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 231 resensies vir Sunset Bush Camp
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Hartbeesfontein 49, Hammanskraal, 400, Gauteng
  • Gaste dink Sunset Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartbeesfontein 49, Hammanskraal, 400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeinzRMrICdVliapbCmjBBdu8lyGq2tb955AUPIpHXft163aY0a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 231 5 1 5 49 Hartbeesfontein Hammanskraal 400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.399688948066 28.434194326401