Sunset Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Cottage is in Fisher Haven in Knysna geleë en bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n houthuis met 2 slaapkamers op 'n heuwel met lieflike uitsigte. Die instansie is rolstoel- en troeteldiervriendelik. Dié houthuis is naby 3 gholfbane geleë waarvan 1 net 'n kilometer daarvandaan is. Gaste kan die voëllewe bewonder en die Knysna Koppe en die waterfront besoek.

Die huis het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer met slaapplek vir 'n vyfde gas. Die eerste badkamer het 'n stort en toilet en die tweede badkamer het 'n bad en toilet. Gaste kan uitsigte oor die strandmeer vanuit die sitkamer bewonder. Dié vertrek het 'n ook kaggel en 'n daar is 'n eetkamertafel met 4 stoele. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskas-vrieskas. Die sitkamer lei na 'n dek met 'n tafel en 4 stoele. 1 van die slaapkamers lei na dieselfde dek.

Daar is braaigeriewe en 'n pergola met 'n groot kussing in die tuin. Die perseel is omhein en daar is 'n dubbel-motorafdak naby die ingang van die huis. Die ligging is ideaal as jy Knysna en al sy skatte wil gaan verken. Daar is winkels en restaurante gerieflik sowat 5 km daarvandaan. Linne, badhanddoeke en volledige DStv word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunset Cottage sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false