Sunset Cove 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Cove 2 is ’n selfsorgwoonstel in ’n sekuriteitskompleks naby Lucien en Margate se strand aan die Suidkus.

Die kompleks spog met ’n privaat paadjie wat na die strand lei, en dis naby die Super Spar in Manaba, Lucky's Furniture en viswinkel, wegneem-eetplekke en kuriowinkels.

Die woonstel op die eerste verdieping het 2 slaapkamers, 2 badkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer en die tweede kamer het ’n tripelstapelbed met ’n dubbelbed onder en enkelbed bo, en het ook toegang tot die tweede badkamer.

Die kombuis is goed toegerus met ’n stoof en oond, mikrogolf, yskas, ketel en broodrooster. Die leefarea langsaan het ’n plafonwaaier, etenstafel en TV in die sitarea met ’n DStv-koppelpunt vir gaste wat hul eie slimkaart en dekodeerder saambring. Die leefarea lei na ’n balkon met ’n tafel en sitplek.

Die kompleks het ’n kinderswembadjie, ’n groter swembad vir volwassenes en braai-area. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Sunset Cove 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Cove 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R615 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false