LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sunset Dunes | LekkeSlaap
+16

Sunset Dunes

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anne-weg 642, Pringlebaai, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sunset Dunes is 'n ruim strandhuis teen die kus vir 8 gaste in Pringlebaai. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die strand en die see.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers op die grondverdieping en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet.

Die laaste 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die derde badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Daar is 'n informele sitarea met 'n TV op die grondverdieping. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die leefarea is op die eerste verdieping en beskik oor 'n groot oopplankombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus.

Die sitarea het 'n lekker kaggel en lei na 'n dek met braaigeriewe met 'n pragtige see-uitsig. Rook is verbode en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Pringlebaai word omring deur 'n verskeidenheid fynbos en voël- en dierelewe. Die baai bied swem, snorkel en walviskyk tussen Junie en Desember.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunset Dunes sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Anne-weg 642, Pringlebaai, 7195, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R3 000
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
was R3 000
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anne-weg 642, Pringlebaai, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAct6zQMbNNhJ2actLXwv8KIYUtw2G4N6s3GVTzeteH8ShEbkE4B?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 000, nou Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 642 Anne Road Pringle Bay 7195 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.34176733437 18.831774672353
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!