Sunset Links Golf Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sunset Links Golf Estate is 'n moderne dubbelverdieping-gesinshuis wat op die tiende skoonveld van die Sunset Links-gholfbaan geleë is.

Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en is perfek vir 'n gesin of 2. Daar is 3 en suite-slaapkamers en 'n dubbel-futon in die speletjieskamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, 'n oond en al die nodige kombuistoebehore. Daar is ook 'n waskamer en 'n spens. Gaste kan maaltye by die eetkamertafel nuttig of in 1 van die sitkamers ontspan. Die huis beskik oor 4 satelliet-TV's en gaste kan met graagte die speletjieskamer en die kroeg gebruik.

Daar is binne- en buite-braaigeriewe. Die huis het 'n dek met 'n verhitte swembad wat asemrowende uitsigte oor die gholfbaan en op Stellenbosch se berge bied.

Parkeerplek vir 6 voertuie is op die oprit beskikbaar. Die huis word gerieflikheidshalwe elke Maandag en Vrydag skoongemaak. Ongelukkig word skool-, studente-, branddery- en vlieërbranderry-groepe nie toegelaat nie. Troeteldiere word ongelukkig ook nie toegelaat nie.

Gaste by die Sunset Links Golf Estate het veilige en direkte toegang tot die gholfbaan. Sunset Links is ook stapafstand vanaf die strand. Verskeie winkelsentrums is 30 minute se ry van dié gholflandgoed. Kaapstad bied tientalle besienswaardighede soos Tafelberg, Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin, strande en wynplase. Daar is ook verskeie doendinge in dié omgewing.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sunset Links Golf Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false