Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Lodge

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 21

Resensies 203

Jaar gelys 6

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 3 resensies vir Sunset Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.3/5
Waarde vir geld
3.0/5
Annatjie L - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annatjie L
Saam met vriende

Pragtige plek. Baie netjies en lekker gekuier.

Waarde vir geld, baie skoon, netjies en alles wat jy benodig in 'n huis. Die mooiste sonsondergang. Lynette was bale behulpsaam. Kan dit regtig aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Sunset Lodge se terugvoer

Baie dankie Annatjie. Ons waardeer julle en hoop julle kom kuier weer.

Sunset Lodge
Gizela V - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Gizela V

Was okay.

Die akkommodasie was baie mooi. Alhoewel ons Saterdagoggend moes uitvind dat nie een aircon werk in die huis nie. Daar geen warm water was in die huis nie. Die eienaar ons 24/7 dopgehou het op kameras waarvan ons geen bewus was of ingelig was dat daar kameras is op sy perseel nie. Het baie ongemaklik gevoel want dit is invasion of privacy. Ons het uitgevind van die een kamera na dat daar 'n vrou Saterdagoggend opgedaag het met haar eie kaartmasjien en gesê die eienaar het ons op kamera dopgehou het en dat ons beboet word van R2500 en as ons nie nou die boete betaal nie sal ons die perseel verwyder. Sy't ons toe gaan wys waar die kamera is, toe sy ons verlaat toe het my man om die perseel gaan loop en ons het toe op 5 ander kameras afgekom waarvan een direk op die buitestort wys. Dit was onaanvaarbaar om R10500 te betaal vir 2 aande en te sit met geen warm water en geen aircon wat werk nie en dan nog 'n ou wat ons dophou op kameras waarvan ons geen kennis gedra het nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Sunset Lodge se terugvoer

Ons is jammer dat julle probleme ondervind het tydens julle verblyf. Daar is nooit melding gemaak tydens julle verblyf van lug versorging or warm water probleme nie. Ons het julle kom besoek die Saterdagoggend na ons 'n klagte ontvang het van lawaai en onbehoorlike gedrag. Selfs toe het julle geen melding gemaak van lugversorging of warm water probleme nie. Julle is vooraf herhaaldelik gewaarsku dat daar reels is oor geraas en orals in die huis is daar kennisgewings wat ook daarvan melding maak. Julle is vooraf die reels gegee wat julle gekies het om te verontagsaam. Die kameras wat op die perseel is is sekuriteits doeleindes en daar is geen kameras wat enigsins op julle privaatheid indring nie of by enige ablusie geriewe of storte is nie. Daar is verder geen kameras in die huis nie. Die kameras het wel vir sekuriteit gewys dat julle mekaar aan die voete rondsleep in die vroee oggendure op die dek en 'n dansery tot 3- 4uur in die oggend. Die sekuriteit het daarna personeel uitgestuur om te gaan inspeksie doen. Ander gaste wat die park geniet wil die natuur ervaar en het nie 'n behoefte aan bure se geraas nie. Een van julle gaste het ook gebraak in die oprit van die huis en dit goed gevind om dit so vir die personeel te los om op te ruim. Dit was regtig in swak smaak.

Sunset Lodge
Renske S - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Renske S
Saam met vriende

'n Gesukkel.

Die huis is ruim en die uitsig vanaf die stoep is fantasties. Dit is egter waar dit stop. Die huis word nie gereeld skoongemaak nie, met ons aankoms was die hele stoep vuil en het gestink van die ape wat dit bemors. Die skottelgoedwasser het nog vuil skottelgoed ingehad van vorige besoekers wat al begin muf het. Die DStv het egter ook nie gewerk nie en iemand is eers op die 2de dag uitgestuur om dit te kom regmaak, mens verwag dat hierdie dinge voor jou aankoms uitgesorteer sal word. Ons het ook gereël om die wildritvoertuig te huur vir een dag en het vooraf hiervoor betaal. Die voertuig is nooit afgelaai nie en ons moes heeltyd met Lynette opvolg waarop sy net antwoord: die voertuig is op pad. Ons het egter na die 4de oproep uitgevind dat die voertuig stukkend is en dat iemand dit probeer regmaak. Lynette het belowe dat ons al die geld vir die wildritvoertuig sal terug-ontvang, maar sy het net R600 uit die R800 terugbetaal wat nie die ooreenkoms was nie, want ons kon nie die voertuig gebruik nie. Die Saterdagaand het die krag heeltyd afgegaan toe dit begin reën (nie a.g.v load shedding nie), en Lynette het net glad nie ons oproepe geantwoord nie. Oor die algemeen was dit baie onprofessionele diens wat die hele naweek versleg het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Sunset Lodge se terugvoer

Dankie vir jou terugvoer Renske.

Ons waardeer enige terugvoer goed of sleg. Ek kan wel se die huis word elke week gediens en ons is jammer dat julle ervaring nie lekker was nie. Die huis is in 'n wildsreservaat en bobbejane kan redelike vinnig amok maak maar dit is slegs buite.

Ek is jammer julle het dit nooit aan my gerapporteer die naweek nie want ons het wel 'n paar keer gesels oor die wildsvoertuig en dis die heel eerste keer dat netheid aangespreek word. Nogal nie in goeie smaak om dit op 'n publieke platform te doen nie waar sou daar fout wees ons dit kon regstel. Wat die krag betref kan ek jou se dat die huis 'n inverter het so die krag skakel automaties aan sou die krag afgaan.

Dit was wel 'n Eskom probleem aangesien die hele park blootgestel was aan lae stroomlading. Dit was glad nie binne ons beheer nie. Ek soek nie verskoning nie maar dis 'n feit. Die wildsvoertuig is vir 2 dae gehuur waarvan ons ooreengekom het dat een dag refund sal word. Ek het regtig per abuis R 600.00 ipv R 800.00 betaal.

Dit het my ontgaan om die R 200.00 verskil in te betaal. Weereens kon ons dit heel maklik uitsorteer het sonder 'n smeerveldtog.

Die voertuig was oppad en dit het gebreek op roete na julle huis. Ek kon net deurgee wat die werkswinkel aan my deurgee. Julle is die gaste en aan die einde van die dag moes ons meer tentatief gewees het op julle behoeftes - jammer daaroor. Die park was stampvol en die kragsituasie het regtig nie gehelp nie. Ons hoop julle volgende ervarning in in bos is meer positief.

Groetnis
Lynette

Sunset Lodge
Vanaf
R5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9be9f7d5235288e4d05aea2bcc4d6c34a332293bbf044ae4be609b36af9c6337868bca9c02637a0540a8120f705e3a30bfea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 3 5 1 4 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -24.809856037762 28.105694286719
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem