Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Splendour Guesthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sunset Splendour Guesthouse is in die pragtige, lowerryke Noordhoek-omgewing in Kaapstad geleë en bied 4-ster boetiekverblyf in luukse kamers met badkamers, ruim sitareas, eetareas en volledig toegeruste kombuisies.

Noordhoek is net onder Chapman's Peak, halfpad tussen Kaapstad en Kaappunt geleë, en is dus die ideale ligging vir uitstappies na die skilderagtige Kaapse skiereiland. Dié voorstad is bekend vir sy prentjiemooi kuslyn en uitgestrekte witsandstrand waar mense graag perdry.

Sunset Splendour Guesthouse bied verblyf in 5 ruim woonstelle. Elke woonstel het moderne meubels, 'n volledig toegeruste kombuisie en 'n oopplan-leefarea. Die leefarea het 'n sit- en eetarea wat toegang bied tot 'n privaat patio en tuin met lieflike uitsigte van die see, mere en berge.

Veilige parkeerplek is ook op die perseel, wat heeltemal omhein is, beskikbaar en daar is afstandbeheerde hekke en 24 uur-sekuriteit. Kinders kan heerlik en veilig in die beskutte tuin rondhardloop met sy groot swembad en onderdak-braai.

Sunset Splendour is stapafstand van verskeie winkelsentrums. Die woonstelle is net 'n paar minute se ry vanaf Noordhoek se strand, die Chapman's Peak-pad en die meer beskutte strand by Vishoek in Valsbaai, 'n heerlike swemstrand, geleë. Dit is ook naby verskeie winkels waar gaste kos en voorraad kan koop. Silvermine Natuurreservaat, Cape Point Vineyards wynlandgoed en -restaurant, en die Noordhoek Farm Village, 'n oulike kunsvlyt-sentrumpie met heerlike restaurante en 'n speelarea vir kinders, is ook baie naby.

Sunset Splendour is trots omgewingsvriendelik. Ons gaar reënwater in tenke op en wend dit aan vir warm water en toilette. Water word deur sonkrag verhit en ons gebruik energiebesparende ligte. Die dik glasdeure en vensters hou die hitte/koue binne en spaar krag.

Die gastehuis gebruik sonkrag en het 'n battery-rugsteunstelsel wat sal verseker dat daar krag is vir die ligte, TV en WiFi tydens beurtkrag.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 32 resensies vir Sunset Splendour Guesthouse
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunset Splendour Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA720612c582d7c613ac925710ec09f1be4b549adee03d7650d5144f279fa11ebac6fd61982955cc427fa55b85a846eeed5054?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 7 Sea Cottage Drive Noordhoek 7985 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.114700326225 18.385601341724