Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantesingel 13, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R4 790 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sunset Villa is op die kruin van 'n duin in die rustige buurt, Vermont. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne vakansievilla met kontemporêre bekoorlikheid. Dit word omring deur 'n lowerryke tuin wat mooi versorg is. Dit is ook net 5 minute se stap vanaf Breakfast Bay-strand en die kuswandelpaadjies.

Die villa se vloei verseker ontspannende en privaat kuierareas beide binne en buite en groot skuifdeure vergemaklik beweging tussen die buitebraai-area by die swembad en die oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea.

Die villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die smaakvolle hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n instapkas met genoeg kasspasie. Die en suite-badkamer is ideaal vir ontspanning tydens die sonsondergang en laat gaste toe om die rus en vrede van die natuur te waardeer. Dié badkamer het 'n groot bad, stort, wasbak en toilet. Hierdie slaapkamer het ook 'n privaat balkon met 'n uitsig oor die natuurreservaat en bergreeks. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en lei na die swembadarea en pragtige tuin. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde en vierde slaapkamer is ook op die onderste verdieping en het elk 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak, toilet en genoeg kasspasie. Die vierde slaapkamer het 'n privaat stoeparea met 'n uitsig oor die tuin. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n knus eetkamerarea en hoofsitarea wat op hul beurt lei na die braai-area met 'n uitsig oor die swembad. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel vir die koeler aande.

Op die boonste verdieping is daar 'n privaat sitarea met 'n romantiese see-uitsig, gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met toegang tot Netflix en Amazon Prime. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie en mikrogolf toegerus is. 'n Gastetoilet is ook op die boonste verdieping beskikbaar. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar en die balkon is die ideale plek om die asemrowende sonsondergang gade te slaan. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie aangesien gaste die gedruis van die branders in die agtergrond daarvandaan kan hoor.

Gaste kan ontspan in die pragtige tuin en swembad of in in die onderdak-buitesitarea wat ideaal is vir al fresco-maaltye. Veilige motorhuisparkeerplek is beskikbaar, maar gaste kan ook in die oprit parkeer. Die eiendom is veilig en het 'n alarmstelsel.

Vermont is stil en rustig en bied 'n groot verskeidenheid voëlspesies en 'n atmosfeer wat gaste na aan die natuur sal laat voel. Toegang tot die beroemde Hermanus-strande, 'n aantal restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels is ook net 'n kort entjie se ry ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunset Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Jaar gelys 2

Ligging

  • Fisantesingel 13, Vermont, 7201, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 790
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 790
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantesingel 13, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56d53fc21a01698ed39e0f3ca6190cdece0c7cb77151c23d3a9567229e8b060136be8a558ec9b6a9f2d29bb896ee67e1c91d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 790 per nag (plek vir 8) 13 Fisante Crescent Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4192946 19.1454615
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem