LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Surf Inn | LekkeSlaap
+14

Surf Inn

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeukoppieweg 17, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 982 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Surf Inn is 'n vyfslaapkamerhuis met pragtige see- en berg-uitsigte en is stapafstand van Llandudno se strand af. Dié gesinshuis bied stylvolle strandverblyf en is ideaal vir 'n somervakansie vir 'n gesin.

Dié huis bied 'n elegante gekalkte oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuisarea. Die etenstafel het sitplek vir 10 gaste en die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die leefarea lei na 'n lang terras met 'n uitsig oor die swembad, see en op die berg. Daar is wit Amerikaanse luike voor die vensters om die huis koel en veilig te hou.

Die boonste verdieping beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers waarvan 1 en suite is, 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en wit veiligheidsluike wat lei na 'n lang terras met 'n lieflike see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers het toegang tot 'n gesinsbadkamer met 'n stort, bad en 'n toilet.

Die onderste verdieping beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n informele kombuis vir die swembadarea en tuin. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bababedjie, en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei slaapkamers het toegang tot 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis het 4 sonstoele, WiFi, 'n gaskaggel in die leefarea, 'n sekuriteitstelsel met gewapende reaksie, braaigeriewe, 'n dubbeloond, gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, yskassie, sekere DStv-kanale, 'n klimraam vir kinders in die tuin, strandhanddoeke, 'n haardroër en 'n etenstafel en stoele met sitplek vir 8 gaste op die boonste balkon. Daar is parkeerplek op die perseel. Let asseblief dat die swembad nie omhein is nie, maar wel bedek is.

Slaapplek

’n Bespreking by Surf Inn sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Kinderbedjie
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbedjie
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Leeukoppieweg 17, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 982
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 982
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeukoppieweg 17, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAm6nkDngeLZexxbsL7JNgucPEjy5lCDWVAYdAEE6MVZPV7AJLrr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 982  per nag (plek vir 10) 17 Leeukoppie Road Llandudno 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.010035584751 18.34293317791
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!