Vermont Akkommodasie by Surf Villa | LekkeSlaap
+29
+29

Surf Villa

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R5 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Siffiesingel 39, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Surf Villa is 'n selfsorghuis teen die berg in Vermont, minder as 10 km vanaf Hermanus in die Wes-Kaap. Die huis is ideaal vir 'n toeris op soek na ruim, privaat seekantverblyf met 'n see- en berg-uitsig. Vakansiegangers wat net agteroor wil sit en ontspan sal dit ook geniet! Die verblyf bied 'n uitsig oor 'n groen strook met melkhoutbome en fynbos.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim instapstort, toilet en dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamer het koningingrootte-beddens en deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al 3 kamers is ruim en het groot skuifdeure. Twee bied uitsigte oor die see en die derde lei na 'n afgesonderde tuin.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, kraan met gefiltreerde water, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wyn-yskassie, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met DStv en 'n CD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea bied toegang tot 2 onderdakstoepe en 'n groot dek met 'n swembad wat met sonkrag verhit word. Daar is ook 'n braaiplek op die dek en genoeg hout om 3 keer te kan vuurmaak. Die swembad is nie omhein nie so hou asb. toesig oor kinders. Parkeerplek is op die perseel voor die huis beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Surf Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Surf Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Siffiesingel 39, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Surf Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Siffiesingel 39, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAI307kGCHmsESGDTBnLq4x4BPJUrpmeI8s0zyYAEE3K73LZzt1M?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 800  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 39 Siffie Crescent Vermont 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -34.416801 19.149528
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za