Surf Way Beach Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 20 Sep 2019.

Beskrywing

Surf Way Beach Cottage is 'n gastesuite op die eienaar se perseel in Kommetjie, Kaapstad. Die eiendom is ideaal geleë naby Long Beach, restaurante en winkels in die omgewing.

Die gastekothuis het 'n privaat ingang en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met Apple TV en Netflix. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. 'n Kontinentale ontbyt word ingesluit.

Die kothuis het ook 'n oopplan-sitkamer en -kombuisie met basiese verhit- en eetgeriewe, soos 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n beskutte braai-area en die swembad op die perseel. Daar is ook veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Surf Way Beach Cottage is net 200 m van Die Kom af waar gaste kan swem, roei, visvang, branderplankry of na die Slangkop-vuurtoring wandel.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Surf Way Beach Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R433 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 20 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za