LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Surfers Paradise | LekkeSlaap
+14

Surfers Paradise

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Surfers Paradise bied selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel wat smaakvol en gerieflik ingerig is. Die woonstel is in 'n veilige vakansie-oord oorkant die straat van Blouberg se strand af.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 'n stapelbed. Albei kamers het ingeboude kaste. Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n ontbyttoonbank. Daar is 'n kluis, WiFi en sekere DStv-kanale beskikbaar in die eenheid.

Die vakansie-oord het 2 tennisbane, 2 muurbalbane, 'n swembad, mini-gholf, en 'n vlugbalveld op die strand. Daar is ook wasgeriewe soos wasmasjiene en tuimeldroërs vir gaste se gebruik. Bloubergstrand is gewild onder seilplankryers en die strand is ideaal vir pieknieks, lang wandelings of om in die son te lê en bak. Die strandfront bied talle restaurante, kroeë, klubs en daar is 2 winkelsentrums in die area.

Die woonstel is 30 minute se ry van die Kaapse stadskern en die V&A Waterfront af. Die Milnerton Gholfklub en Atlantic Beach Gholfklub is sowat 15 minute se ry van die woonstel af en Canal Walk-winkelsentrum is 25 minute se ry weg. Op Saterdae en Sondag is daar 'n vlooimark nie ver van Paardeneiland af nie, langs die R27.

Slaapplek

’n Bespreking by Surfers Paradise sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Surfers Paradise
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Surfers Paradise het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAc1z6xBhq8huMdRD87vZ3Kg5YEcep4000aU0ohU3tiButLpJeX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Otto du Plessis Drive Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 09:00 -33.783204228592 18.455167741287
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!