Susan's Sleep Over

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Susan's Sleep Over is in die unieke dorpie genaamd Lichtenburg in Noordwes geleë. Ons maak voorsiening vir groepe, sakelui, en reisigers. Susan's Sleep Over is lekker naby die middedorp en 'n hele paar lieflike restaurante.

Ons bied verblyf in enkel- en dubbelkamers, asook gesinskamers met 2 enkelbeddens. Die dekor is elegant en het 'n Afrika tema. Elke kamer is toegerus met 'n waaier, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n skryftafel, en beddegoed word voorsien.

Die groot gesinskamer is smaakvol versier en het 'n koningingrootte-bed, sitareatjie, en 'n privaat badkamer. Die 2-enkelbedkamers is ruim en het waaiers en lieflike skryftafels. En elke enkelkamer het 'n yskas, skryftafel met 'n uitsig oor die tuin, en 'n badkamer.

Die eetkamer en die gemeenskaplike kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eetkamer kry baie natuurlik lig en daar is 'n braai-area en houtdeure wat die buite- en binne-area skei, so op 'n lekker somersdag hoef mens net 'n paar tree te gee na die swembad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Susan's Sleep Over gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false