Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Swallows Nest Country Cottages

B&B
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gamassi-straat 26, Storms River Village, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Swallows Nest Country Cottages is in die skilderagtige dorpie, Stormsrivier, naby al die plaaslike besienswaardighede, restaurante en doendinge in die hartjie van Tsitsikamma geleë. Dit bied 7 individueel versierde, ruim kothuise met 'n ongekunstelde voorkoms, verniste baksteenmure en hoë plafonne met oop houtbalke.

Daar is moderne pot-kaggels in die kamers sodat jy lekker gemaklike kan wees in die koue seisoen.

Die kothuise is in 'n rustige tuin geleë en bied ruim en suite-badkamers met storte en baddens, asook gemeubileerde patios met privaat braaigeriewe wat oor die prentjiemooi tuin uitkyk. Die tuin het volgrootte eikebome, 'n swembad wat jou nooi om te kom afkoel, en asemrowende uitsigte van die Tsitsikamma-berge. Daar is gratis WiFi in elke chalet en ons bied ook veilige parkeerplek op die perseel.

Die chalets verskil in grootte en bied slaapplek vir 2 tot 3 mense, of 6 mense in dié chalets wat geskik is vir wittebroodspare, gesinne, 'n groter gesin of vriendegroepe. Die Franse deure in elke chalet maak oop op die patio en verseker dat die eenhede lig en lugtig is. Kinders van alle ouderdomme is welkom en ons kan 'n kampbedjie of kinderbedjie op versoek in die eenheid plaas.

Gaste kan tussen 'n selfsorgopsie en 'n B&B-opsie kies wanneer hulle bespreek. Die B&B-opsie sluit 'n volledige ontbyt in wat op die tuin-patio bedien word. Die patio kyk uit oor die tuin en Stormsrivier-Piek. Elke chalet is gemaklik ingerig met 'n sitarea, kleur-TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, vierplaatstoof, ketel, broodrooster, verwarmer en waaier, haardoër en elektriese komberse. Die chalets het elkeen 'n tee- en koffieskinkbord, beperkte toiletbenodighede en 'n kroegyskassie (op versoek).

Daar is ook 'n klein konferensielokaal langs die ontvangsarea, en talle restaurante en eet-opsies stapafstand van Swallows Nest.

Hierdie plek is ideaal vir natuurliefhebbers, voëlkykers en lang wandelinge in die ongerepte Tsitsikamma Woud of Tsitsikamma Nasionale Park. Ander doendinge in die omgewing sluit boomtoptoere, die Tsitsikamma Falls Zipline, binnebandry en reksprong by Bloukrans (die wêreld se hoogste reksprong) in. By Segways kan jy 'n fiets huur waarmee jy Tsitsikamma kan verken. Die besienswaardighede is byna ontelbaar. En al wat tussen jou en Monkeyland, Birds of Eden en die Craggs Elephant Santuary staan, is 'n kort rukkie agter die stuur op 'n pragtige pad.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 42 resensies vir Swallows Nest Country Cottages
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Henry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Jaar gelys 12

Ligging

  • Gamassi-straat 26, Storms River Village, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Swallows Nest Country Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gamassi-straat 26, Storms River Village, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1YzE3ODg0LTBhNzUtNDdkZC05YTkwLTA1MzE4Mjg4ODRlYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 26 Gamassi Street Storms River Village 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.971334178764 23.886229991913
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem