Swartberg Farm Experience

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geniet 'n eko-vriendelike plaaservaring 45 km buite Oudsthoorn, aan die voet van die wêreldbekende Swartberge. Stap na die waterval en drink sy vars water of geniet die perdryroetes. Koel af in die swembad omring deur die klanke van die natuur, rustigheid, natuurskoon en voortreflike berg-uitsigte. Ons gebruik sonkrag- en gasgeisers, en op koeler dae word die "donkie" aangesteek om warm water te voorsien. Daar is 'n organiese tuin, plaasdiere wat vrylik wei, en ganse en hase om die prentjie af te rond. Kom herlaai jou batterye behoorlik hier by ons!

Hier by Swartberg Backpackers gebruik ons sonkrag, gas en houtvure in plaas van konvensionele elektrisiteit. Dit beteken egter dat hier geen TV is nie. Die sonkragstelsel voorsien genoeg krag om 'n skootrekenaar of selfoon te laai, die kamerligte te laat brand en die 12V-yskassie te laat loop. Daar is sonkrag- en gasgeisers om warm water te voorsien en 'n donkie van vlekvrye staal vir bewolkte en reënerige dae.

Ons bied 'n reeks doendinge soos trapkarretjies, teikenskiet met 'n verfbalgeweer, kanovaarte in die plaasdam en swem in die bergswembad. Perdry kan teen 'n ekstra fooi by 'n professionele ruiter gereël word.

Ons het 'n volledige kombuis met 'n stoof, oond, yskas en braaigeriewe met gratis hout. Al ons eenhede bied uitsigte oor die waterval, berge en die plaasdam. Die Ark-eenheid het tafeltennis vir diegene wat 'n bietjie kompetisie geniet.

In die winter kom en gaan die sneeu op die berge. Gamkaskloof of "Die Hel" is 'n opwindende 2 uur-lange 4x4-rit ver vir die avonturiers. Daar is oorgenoeg fauna en flora in die omtrek om te verken: verwonder jou aan die arende wat bo jou rondsweef, aan die spore van die Kaapse luiperd en die geblaf van wilde bobbejane.

Neem asseblief kennis dat ons nie 'n restaurant, kroeg of winkeltjies op die perseel het nie. Daar wel 'n paar restaurante naby. Die naaste winkel is in Oudtshoorn. Vars melk en kaas kan by 'n nabygeleë boer gekoop word, en ons het 'n paar basiese kositems te koop.

Swartberg Backpackers is troeteldier-, motorfiets- en fietsryer-vriendelik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swartberg Farm Experience gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false