Swartberger Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swartberger Lodge is in 'n stil woonbuurt geleë en bied volledig toegeruste selfsorg-eenhede met lugversorging. Kom skop jou skoene uit by dié plattelandse toevlugsoord en ervaar ongelooflike gemak, kalmte en persoonlike aandag wat jou soos 'n nuwe mens sal laat voel.

Elk van die 4 eenhede het lugversorging en is volledig gemeubileer en toegerus met 'n selfsorgkombuis, 'n platskerm-TV met OVHD-kanale , 'n privaat ingang en braaigeriewe. Kinders van alle ouderdomme is baie welkom! Gaste kan gerus wees dat daar veilige parkeerplek en 'n swembad vir Oudtshoorn se warm somerdae beskikbaar is. Wat proviand betref, is daar talle restaurante en supermarkte binne stapafstand van die lodge af.

Voël- en diereliefhebbers kan die nabygeleë volstruis- en wildsplase met krokodille, jagluiperds en baie ander diere besigtig. 'n Paar interessante wynlandgoedere sal jou tydjie hier selfs meer onvergeetlik maak. Die Kango-grotte, een van die wêreld se grootste natuurlike wonders, is net buite Oudtshoorn geleë. As stap, voetslaan en natuurroetes op jou agenda is, sal die Klein Karoo jou behoorlik bekoor.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swartberger Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R830 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false