Swartriet Beach Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swartriet Beach Chalets bied 'n verskeidenheid selfsorgverblyf wat in die Swartriet Privaat Natuurreservaat in Jacobsbaai geleë is. Dit is perfek vir paartjies, gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf, na aan die strand en ver van die stad se gedruis af.

Ons bied 30 verskillende kothuise wat vir jou gemak gemeubileer is. Die eenhede bied slaapplek vir tussen 6 en 10 mense, met die slaapkamers wat elkeen toegerus is met óf dubbel- óf enkelbeddens. Elke eenheid het sy eie badkamer met 'n stort of bad, of beide, en 'n goed toegeruste kombuis(ie) sowel as 'n oopplan-leef- en eetarea.

Ons het ook 'n uitstekende konferensie-lokaal met moderne geriewe vir sakereisigers en kan tot 20 afgevaardigdes akkommodeer. Verder bied ons private braai-geriewe en parkeerplekke vir elke eenheid. Ons is slegs 5 minute se stap van die wonderlike 2 km-lange strand waar gaste kan swem, visvang of voëlkyk. Of onderneem die skilderagtige rit na die dorp waar winkels, restaurante en ander geriewe beskikbaar is.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swartriet Beach Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 205 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false